Hoofstuk 6 Michael stap stadig deur die groot huis wat skielik baie leeg voel vandat Kane verdwyn het. Sy enigste geselskap is Scrappy, wat altyd kom en gaan soos hy wil. Die klein bol wol volg hom nou deur die huis en wag dat Michael iewers gaan sit. Toe Michael uiteindelik op die rusbank gaan sit, mors Scrappy geen tyd om op sy skoot op te spring nie. "So, wat dink jy, Stofhasie?" vra Michael en voel meer alleen as wat hy in jare gevoel het. Scrappy kyk op na hom met so 'n oulike uitdrukking dat Michael nie anders kan as om te lag nie. Hy mis ook vir Damon ... alhoewel hy moet erken dat hy Alicia net 'n bietjie meer as sy broer mis. Hy is nie in staat om die stilte van die huis te verdra nie, en staan op om sy slootjas te kry. Scrappy volg hom weer en hop op en af soos ‘n hasie om

