"Dis waarvoor ek bang is," sug Angelica. "As dit nie dieselfde demoon is wat hulle uit die grot vrygelaat het nie ... dan is ek bevrees dat Misery nie die enigste demoon in die stad is nie." “Wat laat jou so sê?” vra Zachary. In plaas daarvan om hom te antwoord, doen Angelica die een ding, wat sy gedink het sy nooit sou doen nie. Sy draai sywaarts op die kussing, reik na Zachary en leun na hom toe. Toe Zachary haar dadelik probeer soen, laat sak sy haar kop, sodat sy lippe haar voorkop raak. Toe laat sy die droom deur haar herinneringe speel. Zachary skrik toe die omgewing verander en hy omring is deur haar nagmerrie. Toe die flikkerende beelde uiteindelik vervaag en Angelica stadig van hom af leun, maak Zachary sy oë oop en fluister: "Sjoe ... dit was 'n gagga droom." Angelica knik, "

