Nick sien die verandering in Tabatha se oë en besef dadelik wat sy probeer doen. Hy bring sy asemhaling tot bedaring en laat sy oë halfmas val in die hoop dat sy toneelspelvermoë opgewasse is. Gelukkig het Alicia vir hom haar halssnoer gegee wat haar in die verlede teen die vampierspel beskerm het. Ná Michael se dreigement het sy gevoel hy het dit nodig … nou is hy bly hy het dit geneem. Danksy haar en die halssnoer onder die kraag van sy hemp, kan ‘n vampier nie sy geheue uitvee of mee peuter nie. "Jy moet alles vergeet wat jy sopas gehoor het," sê Tabatha sag. “Jy het nou net hier ingestap en gevind dat ons lag oor kostuums en niks meer nie. Verstaan jy?" Nick knik stadig asof hy die slaap veg, "Ja, ek verstaan." “Goed, gaan nou terug uit en gaan huis toe,” glimlag Tabatha. “Goed,”

