Hoofstuk 02-2

2465 Mots
“Nie alleen nie,” en sy kop geskud. Quinn en Warren het in hul spore gevries toe hulle die nagklub instap. Warren het geweet hulle was oorbeman vanaand sodat die kroeg behoorlik beman is maar dit hom nie gekeer om ‘n paar laaste bevele uit te deel nie. Terwyl Warren daarmee besig was het Quinn amper ‘n gat in Trevor gestaar. Hy het die na die monitor gekyk en gesien hoe Trevor Kat se gewrig gegryp het ... en die emosionele dans wat daarop gevolg het. Hoe naby was Kat aan hierdie man? Die manier hoe hulle optree het dit laat lyk asof hulle ‘n geheim deel waarvan die res van hulle nie mag hoor nie en dit het sy nerwe laat regop staan. “Wie is daardie man by Kat?” het Quinn gevra toe Warren klaar was met sy werk. Warren het omgedraai en Envy se eks-kêrel gesien. Hy het gereken dat Kat dalk vir Trevor vertel het dat Envy nie meer beskikbaar is nie en dit was ‘n goeie ding want die kroeg sonder Trevor daar beteken dat die paranormale ondersoeker dalk iewers anders ondersoek instel. “Dis net die plaaslike masochis wat daarvan hou om met ‘n skokker geskok te word deur aantreklike vroue,” het Warren gegryns vir sy eie grappie. Toe Quinn nie terug glimlag nie, het dit hom skielik na Michael in sy span laat verlang. Hy het gewonder of dit te laat was om spanmaats te verander en toe daardie gedagte uitgevee. Quinn en Kat in een span sou ‘n ramp wees wat wag om te gebeur. Trevor het die sensasie ervaar dat iemand na hom staar en het oor sy skouer geloer na die deur. Hy kon skaars sy verrasde gesigsuitdrukking wegsteek toe hy Quinn Wilder saam met Warren Santos sien. As hy nie reeds anders vermoed het nie, sou hy kon glo dat die twee betrokke was by die moorde en het hulle volgende skuif beplan. Maar daardie gedagtelyn reserveer hy vir die dom esels by die plaaslike polisie mag. “Wat maak die eienaar van Nag Lig hier?” het Trevor gevra toe hy terugdraai na Kat. “Ons almal probeer die probleem met die vampiere oplos,” het Kat gesê terwyl haar oë uitdagend in Quinn s’n sluit. O my, hy lyk effens van stryk gebring. Net om die teorie te toets het sy nader geleun aan Trevor asof sy soet dingetjies in sy oor fluister, “Het jy enige wapens wat ons kan gebruik om ons kanse te verbeter?” sy het geknipoog asof sy weet sy het ‘n maat vir die aand opgetel. Trevor het ‘n oomblik daaroor gedink terwyl hy die lys van wat hy in sy kattebak het deurgaan. “Ja, ek het ‘n paar goed in die kar,” het Trevor erken. “Ons moet dalk na my plek toe gaan om die ekstras in die kluis te gaan haal.” ‘Perfek,’ het Kat gedink. Terwyl Warren en Quinn verby die kroeg stap, het Warren weer besig geraak met die com-link in sy oor. Quinn het nie omgegee vir die vertraging nie. Dit het hom ‘n oomblik gegee om uit te vind wat aangaan met die gelukkige paartjie by die kroeg. Kat het gesien Quinn kom nader en het vinnig verder weg gestaan sodat Trevor nie kon hoor nie en Quinn nie haar plan boemerang nie. Toe sy uitreik na ‘n bottel, het sy Quinn tussen haar en die toonbank gekry. “Kan ek u help meneer?” het Kat gevra terwyl sy sarkasties ‘n wenkbrou lig. “U weet, daar mag geen klante agter die kroeg wees nie.” Quinn het nader aan haar getree al was dit reeds ‘n baie klein spasie. Hy het sy hand op die rak langs haar arm neergesit en haar net daar waar sy is ingehok. Toe hy sien haar oë beweeg na die man met wie sy gepraat het, het Quinn gegrom, “Moenie dat jou aandag afgetrek word vanaand nie, Kat. Ek waarsku jou. Net omdat jy nie saam met ons kom jag nie, beteken dit nie dat ‘n vampier nie net by hierdie kroeg kan inloop nie.” Kat het gesug en geweet dis die oudste truuk in die boek. Laat iemand dink hulle is belangrik deur vir hulle ‘n veilige klein kantwerkie te gee. “Ek sal reg wees,” het sy hom ingelig terwyl sy onder sy arm deur gly en terugstap na Trevor toe. “En as ek enigiets nodig het, het ek reeds iemand wat gewillig is om dit vir my te gee.” Die laaste sin was gesê met ‘n verleidelike toon in haar stem. Dit was ‘n leuen, maar Quinn het haar vies gemaak. Sy het innerlik gesmaal omdat sy weet Quinn het gedink sy bedoel seksueel, en Trevor het gedink sy bedoel vampiere jag vanaand. Warren het daardie oomblik gekies om klaar te maak en het Quinn nader gewaai omdat hy gereed was om te vertrek. Quinn se lippe het verdun toe hy agter Kat weg tree en het nader geleun, so naby dat sy lippe amper teen haar oor skuur, “Wees veilig vanaand.” Hy het te vrede staan en kyk hoe hoendervleis oor haar nek en skouer versprei. Kat het die rand van die toonbank vasgegryp toe haar knieë lam word. Terwyl sy haar ewewig herwin het sy geskrik toe Michael reg agter haar praat. “Wees maar versigtig hoe hard jy daardie kat se stert trek, liefie,” het Michael haar herinner en na Trevor geknik voor hy Kane op die dak gaan ontmoet het. Trevor het gefrons oor die verskrikte uitdrukking op Kat se gesig. “Was dit nie vampier nie?” “Nee, dit was ‘n heer en hy help ons die regte monsters opspoor,” het Kat selfversekerd geantwoord en het saggies bygevoeg, ‘en hy is die enigste een want nie regtig omgee of ek uitgaan vanaand of nie.’ “Dit lyk of ons agter raak. Is jy gereed om te waai?” ***** Kane het heen en weer geloop op die dak terwyl hy ‘n sigaret rook en elke nou en dan sy arms rond waai. Hy was besig om geïrriteerd te raak terwyl hy wag vir Michael om op te daag. “Jaguars en Poemas,” het hy gegrom. “Hulle is die ergste moontlike huis katte. Almal moet mekaar probeer domineer. Ek sal eerder ‘n span vorm met die Prêriewolwe as om hiermee saam te leef.” Michael het oor die dakrand verskyn agter Kane en hom betrap terwyl hy sy irritasie uitspoeg. Hy het gefrons toe Kane dadelik stil raak en agtertoe kyk om te wys hy weet Michael is daar. “Verdomp Kane, gaan ons praat oor dit wat jou pla of nie?” het Michael gevra terwyl hy die afstand tussen hulle verminder. “Of nie,” het Kane geantwoord. “Reg,” het Michael gewag omdat hy geweet het Kane haat die koue skouer behandeling meer as om te argumenteer. Hy is mal daaroor wanneer hy reg is. Kane het gestap na die gebou se rand en sodoende weer afstand tussen hulle gekry. Hy het al vergeet hoe Michael op mens kan afsluip ... dit het baie lank laas gebeur. “Raven het effens teleurgesteld gelyk dat sy weermag nie opgewasse was by die pakhuis nie .... sommiges van sy malles was nie daar nie. My raaiskoot is dat die vampiere die doodspartytjie gemis het en dalk die dag gebruik het om ‘n nuwe plek te soek, so ek gaan so bietjie rondkyk.” Michael het nie woord gesê toe Kane weereens oor die dakrand afsak en op die sypaadjie land nie. Net toe hy ook oor die dakrand wou tree het iets op die dak aan die oorkant van die pad sy aandag getrek. Hy het sy kop daarheen geruk en ‘n glimp van ‘n skadu gesien verdwyn. Iets omtrent daardie skadu het bekend gelyk maar hy kon nie sy vinger daarop druk nie. Het Kane ‘n bekruiper of was hy die teiken? Terwyl hy probeer om die gevoel te onderdruk, het hy afgekyk en geglimlag terwyl hy val. Al kon hy Kane nie meer sien nie, en al het hy die pad na die pakhuis geken, het hy eerder die trek van sy eie bloed in Kane se lyf gevolg. Teen die tyd dat hy by die pakhuis uitgekom het kon hy die gille van die vampiere hoor toe Kane hulle onkant betrap. Hy het gevries in die deuropening en het sy goeie visie gebruik om in die groot donker vertrek te kan sien. Kane het alreeds twee vampiere op hom gehad en nog ‘n klompie het gedink dat hulle sal beurte maak om aan te val. Hy het binnegetree, die deur agter hom toegetrek en begin om nader te loop toe Kane se stem deur die vertrek eggo. “Laat ek hulle hanteer. Moet net nie dat een verby jou kom nie,” het Kane effens hygend gesê terwyl hy die nek van die vampier omdraai wat probeer om sy strot uit te ruk. Hy het geruk toe slagtande in sy skouer wegsak wat veroorsaak het dat hy sy houvas op die eerste een verloor het. Beide Michael se wenkbroue het verdwyn onder sy windverwaaide hare maar hy het geretireer tot teen die deur. “Reg so, as jy seker is,” Hy het sy arms gevou oor sy bors en het teen die metaaldeur geleun. “Wel .... ek is verveeld,” het hy na ‘n oomblik gesê en het na die siellose vampiere gekyk wat nog nie deel van die geveg was nie. “Ek glo nie een van julle wil my die guns doen weghardloop nie, nè?” Toe Kane dit regkry om die eerste vampier te onthoof, het een van die aan die kant presies gedoen wat Michael voorgestel het, maar Kane se arm het uitgeskiet en hom aan sy leerbaadjie gegryp. “Ek dink nie so nie,” het hy gegrom terwyl hy hom terugtrek in die geveg in. “Het jou mammie jou nie geleer om te deel nie?” het Michael geglimlag terwyl hy kyk hoe Kane die lewende hel uit hom gestamp kry. Hy het ‘n gevoel gehad dat Kane die pyn nodig gehad het om lewendig te voel op hierdie oomblik. Hy het geen twyfel gehad dat Kane die laaste vampier staande sou wees nie en hierdie uitlating van woede en geweld mag dalk help om sy vriend weer te laat oop maak ... Terapie op sy beste. “My ma was ‘n dief,” het Kane geantwoord terwyl hy opspring en albei sy voete in die bors van ‘n vampier in stamp wat reguit na hom toe hardloop. Die vampier het oor die vloer gevlieg en Kane het op sy rug geland. Hy het sy bene opgeskop in die lug en was weer terug op sy voete in ‘n oogwink. “Sy het nie geglo daaraan om te deel nie.” “Ons albei weet jou ma was nie ‘n dief nie,” het Michael hom berispe. “Sy was ‘n goed opgevoede dame.” Kane was in die gesig geslaan en het agteruit gevlieg. Michael het die beweging gevolg terwyl Kane verby hom gly tot binne in dieselfde hoop gemors waarin Kriss hom laat val het. Hy het gesug toe hy sien Kane word ‘n bloederige gemors. Kane het weer die geveg ingehardloop en die spul uitmekaar geskeur soos hy aangaan. “Het jy al hulp nodig?” het Michael gevra bo-oor die geluide van bene wat breek en voete wat spat in poele bloed wat groei by die minuut. Hy het begin lag toe Kane een van Syn se spelle begin mompel het maar was in die mond geslaan voor hy dit kon klaarmaak. “Nee,” het Kane gegrom terwyl hy bloed uitspoeg in die gesig van die een wat hom so hard geslaan het dat hy sterre sien. Hy het ‘n stuk hout van ‘n stukkende stoel opgetel en dit in die vampier se mond ingedruk met genoeg geweld dat dit anderkant by sy nek uitkom. Michael het sy gesig getrek maar het nie ingemeng nie. Hy het mooi gekyk en drie getel wat lê en vier wat nog moet gaan. Kane was ‘n vreeslose vegter, nou meer as voor hy lewend begrawe is. Wat Michael laat besef het hy het nog nooit die vraag gevra nie: Hoe het Kane uit die bindende spel gebreek sonder die bloed van sy sielmaat? Minder as twintig minute later het Kane op sy knieë neergeslaan. Hy het deur die bebloede visie gesoek na waar die klank van hande geklap gehoor kon word en nader kom. Hy het die bloed uit sy mond gevee en probeer om homself van die vloer af regop te druk. Hy het gelag toe dit nie werk nie omdat die vloer so glad is van al die bloed. “En die wenner kry een honderd pleisters en ‘n goeie nag se rus by Michael se huis.” Hy het vooroor gebuig en sy arm om Kane se gewrig gesluit om hom op te help. Hulle het albei amper omgeval voor hy hulle gebalanseer kon kry. “Jy het ‘n huis?” het Kane gevra in die hoop dat as hy aanhou praat sal hy nie flou word voor hulle daar uitkom nie. Hy het geweet waar Michael woon maar hy wou dit nie erken nie omdat dit hom sou herinner dat Michael vir hom sou kwaad wees omdat hy weggebly het. Hy was nie juis gelukkig met homself daaroor nie, maar hy het gevoel dis nodig om afstand te behou. “Ja, ek is nou groot. Buitendien is kiste so outyds.” Hy het innerlik ineengekrimp met die besef dat Kane dalk nie sal dink daardie grappie was snaaks nie. “Die plek is enorm. Dit was altyd ‘n tipe Victoriaanse styl kuns museum totdat hulle ‘n opgegradeerde weergawe gebou het in Beverly Hills. Dalk voel die plek meer soos huis as jy by my intrek.” “Ek soek ‘n baba hondjie,” het Kane uit die bloute begin terwyl hy konsentreer om die een voet voor die ander neer te sit omdat dit keer dat hy omval. “Jy soek wat?” het Michael gevra. “As ons saam intrek, dan moet ek ‘n baba hondjie kan uitsoek.” Michael moes glimlag vir sy ou vriend. Dit wil lyk asof Kane se liefde vir honde nie oor die dekades verdwyn het nie.
Lecture gratuite pour les nouveaux utilisateurs
Scanner pour télécharger l’application
Facebookexpand_more
  • author-avatar
    Écrivain
  • chap_listCatalogue
  • likeAJOUTER