Hoofstuk 03 “So, wat is Micah se storie?” het Nick vir Steven gevra terwyl hulle die parkeer blok binnery langs die kerk en gaan parkeer tussen twee van die busse. “Micah en Quinn het in hulle gewone argument oor wie maak die reëls betrokke geraak en Micah het geloop om stoom af te blaas,” het Steven geantwoord terwyl hy uit die kar klim. Hy het nog steeds gedink dat al die jaguars juis ..... reg geraai .... Jaguars besit het. “Hel, hulle het mekaar geleer hoe om te baklei, so om mekaar uit te haal is geen groot probleem nie.” “Hoekom het hy dan nog nie terug gekom nie?” het Nick uitgewys. “Dis die vraag, of hoe?,” het Steven gesug. “Quinn dink Micah het weggehardloop maar ek weet van beter.” “Wat maak jou so seker?” het Nick nuuskierig gevra. “Want Alicia was net ‘n paar weke voor h


