Steven staan weer op en skud sy kop, voordat hy na die deur loop. “Ek het nie tyd hiervoor nie. Ek gaan agter Anthony aan, voordat hy ’n skuif maak wat ons nie verwag nie.” Jewel voel hoe haar oë begin brand met ongestorte trane. Sy wil nie hê Steven moet seerkry nie, en dis presies wat sal gebeur as hy alleen agter Anthony aangaan. Hoekom luister hy nie vir Kat nie? Dis 'n goeie idee, en sy kan hulle baie nodige inligting oor Anthony se sekuriteit gee. Quinn staan skielik op en slaan sy handpalms op die lessenaar neer, toe Steven na die deur begin draai. "Hoekom sal jy jou lewe opoffer vir iemand met wie jy nie regtig gepaar is nie?" Steven staan stil, maar hou sy rug na sy broer. “Omdat ek lief is vir haar … van die oomblik wat ek haar die eerste keer gesien het en sy my oor die kop g

