Tasuki sit die boks op die stoel neer en knik, “Die Tydloper? Ja, hy is die leier van POS. Hoekom?” "Eerste ding eerste," frons Jade. "Wat is POS?" "Paranormale ondersoekspan," verskaf Tasuki. "Dis die kragtige organisasie wat saamwerk om die demone wat skielik oral in LA is, uit te wis." “Vertrou jy hom?” vra Jade en byt bekommerd op haar onderlip. “Ja, ons werk almal vir hom en met goeie rede. Hy weet wat kom,” sê Tasuki sag. “Van wat ek uitgevind het, is Storm die een wat die leër bymekaar gemaak het en hulle hierheen gebring het om teen die demone te veg. Om die mense te beskerm en alles anders wat in daardie kategorie val.” "Ek het nooit gevra om in ‘n demoonoorlog te veg of om deel van POS te word nie," lig Jade hom in terwyl sy haar slape vryf. “Ek wil net vir Sonia terugkry en

