Hoofstuk 3 Chad gee nogsteeds vir Trevor die stilstuipe toe hulle by die parkeerterrein by Maan Dans intrek. Die enigste een wat 'n woord uit hom gekry het, was Evey en Trevor het 'n bietjie uitgelaat begin voel. Dis nie dat hy nie wil hê Chad moet alleen woon nie. Hel, selfs hy verstaan die betekenis van privaatheid. Wat hom die meeste bangmaak, is die gedagte dat Chad teruggaan na daardie woonstel sodat watookal hom doodgemaak het, dit weer kan doen. Niemand was die laaste keer daar, totdat dit te laat was nie ... en hy wil regtig nie Chad se doodstoneel herleef nie. Een keer is meer as genoeg. Trevor sug toe Chad sonder 'n woord uit die motor klim en na die ingang van die klub stap. "Haai, wag 'n bietjie," roep Trevor uit en slaan Evey se deur 'n bietjie te hard. Wonderlik, nou voel

