Sy kniel neer en hou haar handpalm oor die simbool en probeer kyk of sy enige soort energie kan bespeur. Dis om een of ander rede een van haar kragte. Sy kan verskillende aura's voel of dit nou die aura van 'n persoon, monster of 'n hele dorp is. Daar is geen energie om te voel rondom die simbool nie, maar dit lyk asof die suiwering van die begraafplaas vanaf hierdie plek ontstaan het. Iets duister en boos skarrel in die donker agter haar. Angelica draai te vinnig in die rondte en verloor haar balans. Sy druk haar palm op die bloedsimbool toe sy haar balans vang. ‘n Tintelende sensasie jaag by haar arm op en sy ruk haar hand verbaas terug. Toe sy die lig op haar hand skyn, sien sy die simbool nou op haar handpalm nagetrek en sy kan die sagte klop van die hart hoor waaraan die bloed eens

