Hoofstuk 4 Angelica loop heen en weer in Ren se kantoor en probeer om binne sig van die versperring te bly en weg van almal wat besig is in die groot vertrek. Sy het reeds Storm se kop afgebyt toe hy haar meedeel dat om na Zachary te staar, hom nie vinniger gaan laat wakker word nie. Sy kyk vlugtig na Syn wat steeds teen die muur leun en lig 'n wenkbrou. Sy het begin glo dat die man in 'n standbeeld kan verander as hy hard genoeg probeer. Hy het vir ure nie beweeg nie. Dalk was Storm reg, want dit voel of die mure om haar begin toemaak en Zachary het nog nie beweeg nie. Haar selfoon lui, die harde geluid laat haar uit haar mymering skrik. Toe sy die beller-ID sien en dink dat Storm net na Zachary wil vra, beantwoord sy die oproep, “Nee, Storm. Hy is nog nie wakker nie.” "Ren het jou b

