Die man het gewag en gelyk asof hy regtig daaroor nadink. “Jy kan altyd weer in die ry staan,” het Nick gesê en komieklik sy mond getuit. “Ag jinne, jy het uit die ry getree ... lyk of jy nou al die pad agter in die ry moet inval.” Die mense in die ry het saggies begin lag en net om snaaks te wees het Nick die fluweel tou laat sak en ‘n dosyn mense ingelaat, wat die vent, wat nounet so ‘n esel van homself gemaak het, sou ingesluit het as hy in die ry gebly het. “Goeie een!” het Alicia gesê en ingegaan saam met die mense. Sy het net binne die ingang gaan staan en gekyk na die kroeg waar Kat altyd werk. Sy het nader aan die toonbank geloop maar nog steeds haar afstand gehou terwyl sy na die jaguar soek maar het haar nêrens gesien nie. ‘n Vinnige kyk in die kroeg area het haar verseker Ka

