bc

Nag Lig - Bloedgebonde Reeks Boek 2

book_age18+
detail_authorizedAUTHORIZED
0
FOLLOW
1K
READ
mystery
office/work place
like
intro-logo
Blurb

Kat Santos het die eienaar van Nag Lig vir jare nie gesien nie. Dis nou totdat Quinn skielik besluit het om haar te ontvoer en haar te beskuldig daarvan dat sy hom probeer op set het vir die vampier moorde. Met die besef dat die vyand met hulle speel, kombineer die twee gesinne hulle kragte om die vampiere te probeer keer om hul stad te terroriseer.

Quinn Wilder het na haar gekyk met die honger oë van 'n poema vandat sy gebore is. Toe sy 'n tiener was het die temptasie om haar sy eie te maak vinnig 'n rif tussen hom en haar oor-beskermende broers veroorsaak. Toe hule vaders mekaar vermoor het in 'n geveg, was die gesinne geskei van mekaar en sy was veilig buite sy bereik. Quinn het haar oor 'n afstand gevolg en agter gekom dat die vampier oorlog sy goeie punte het wanneer sy vergeet om weg te bly.

Kat Santos het die eienaar van Nag Lig vir jare nie gesien nie. Dis nou totdat Quinn skielik besluit het om haar te ontvoer en haar te beskuldig daarvan dat sy hom probeer op set het vir die vampier moorde. Met die besef dat die vyand met hulle speel, kombineer die twee gesinne hulle kragte om die vampiere te probeer keer om hul stad te terroriseer.

Soos wat die ondergrondse oorlog eskaleer, so eskaleer die begeerte vlamme wat begin het by 'n ontvoering en vinnig uitdraai in 'n gevaarlike spel van verleiding.

chap-preview
Free preview
Hoofstuk 01
Hoofstuk 01 Quinn Wilder het rond gekyk in Warren se kantoor en nie geweet of die uitvind van wie die moorde gepleeg het ‘n goeie of slegte ding is nie. Die grootste deel van die skreeu kompetisie was verby ... of ten minste so het hy gehoop. Hy het geloer na Kane noudat die vampier sy rug op die kamer gedraai het. Kane het nie eers probeer om homself te verdedig nie ... Michael het goeie werk daarvan gemaak namens hom. Hy moes kwaad gewees het vir die blonde vampier en hy behoort ook om verskoning te vra in dieselfde asem, maar op hierdie oomblik was al wat hy vir Kane gevoel het ‘n vreemde vrees en, as dier wat prooi jag, het hy nie gehou van die gevoel nie. Kane het gegrinnik terwyl hy by die venster uitstaar. Hy moet regtig die volume afdraai vir die hoor van ander mense se gedagtes. So, die jaguars en poemas is weer vriende ... groot fokken storie. Wat wil hulle hê moet hy doen? ‘n Jubellende dans uitvoer? Wel taai koekies, hy is nie in die bui nie. “Die siellose vampiere was ons ten minste tien teen een meer. As ek reg onthou was Devon altyd ‘n aggressiewe vegter. Miskien moet ons hom bel en hom laat terugkom en help,” het Steven sy twee sent bygevoeg, “Teen die spoed waarteen die vampier weermag groei, gaan dit gou ‘n verlore stryd word. As ons nie ons eie weermag begin nie, moet ons dalk net oppak en die hel uit Doge pad gee.” “As die gesinne nie vir so lank uit mekaar verban was nie, sou jy geweet het Devon is besig om sy terughoudende maat halfpad om die wêreld te volg op die oomblik,” het Kat Steven geantwoord maar sy het na Quinn gegluur terwyl sy gepraat het. “Sarkasme opgelet,” het Steven geglimlag. Sy ouboet het Kat goed die hoenders in gehad deur haar te ontvoer. Hy het geloer na Quinn terwyl hy gewonder het hoekom sy broer nie ‘n woord gesê het oor Dean se hulp met die vampiere by die kerk nie. Om een van die gevallenes aan hul kant te hê was iets om oor te spog ... nie iets om weg te steek nie. Hy het gehoor van die ander gevallene wat gehelp het om Devon se maat en haar vriendin te red, maar noudat hy nou saam met Devon en die twee meisies gaan toer het, het hulle net Dean as hul enigste troefkaart. “Ek sekondeer om Devon te bel en huis toe te laat kom met die hoop dat daardie gevallene .... wat sy naam nou weer?” “Kriss,” het Kat geantwoord. “As Kriss terugkom saam met Devon, sal ons ten minste ‘n beter kans staan want ons het reeds een van die gevallenes wat gewillig is om ons te help,” het Steven sy gedagtes hardop uitgespreek. “En hoe reken jy gaan ons hulle terug laat kom?” het Quinn gevra terwyl hy na Warren loer. “Jy weet hoe die manne van ons spesie reageer wanneer hulle ‘n maat gevind het. Die enigste manier om Devon hier te kry, is as sy maat saam terugkom.” “Hier is ‘n nuwe idee vir jou ... Vertel hom die waarheid,” het Kat gegrom en oë gesluit met Quinn toe hy omdraai om na haar te kyk. Sy het ‘n wenkbrou gelig vir hom en toe tevrede geglimlag nadat hy sy kop weer weggeruk het. Quinn het innerlik ineengekrimp toe hy haar woorde hoor maar het niks teruggesê nie. Kane het ‘n sigaret uit sy kassie gehaal en dit aangesteek. “Ek moet sê, die jong dame hier tussen ons het ‘n punt beet. As jy die katjies wil laat huis toe kom, moet jy hulle lok.” “Verseker,” het Michael probeer om die bui in die vertrek te lig, “Ek sal net ‘n bakkie room buite die deur neersit en dan met ‘n vlindernet wag.” Kane en Kat het albei geglimlag by die gedagte aan Michael wat in die donker sit en wag met ‘n vlindernet in sy hande met die hoop dat ‘n niksvermoedende katjie sal kom room kry. “Kriss het nie nodig om terug te kom nie,” het Kat uiteindelik gesê. “Ek het hom sien veg en dis die ekwivalent van ‘n ernstige f-bom. Maar as ek hom reg lees sal hy nie terugkom sonder Tabby nie.” “Hoe kry jy ‘n gevallene om sy geliefde te los en ‘n kant in ‘n oorlog te kies?” het Steven gevra. “Jy kan nie,” het Michael gesê. “Die gevallenes is min en dun gesaai. Die enigste twee wat ek al ooit ontmoet is Dean en Kriss en julle wil nie een van hulle kwaad maak nie.” Hy het na Quinn geloer, “Is daar enige kans dat Dean Kriss sal vra om sy vakansie kort te knip?” Verskeie vrae was uit die jaguar oord gevra maar Kane het gevoel asof koue rillings oor sy vel kruip terwyl hy hulle uitblok. Hy weet presies oor wie hulle praat. As Kriss terugkom ... dan sal Tabatha ook terugkom. Almal behalwe Michael het geruk toe Kane skielik omdraai en na hulle kyk. “Die oorlog het alreeds begin, so wanneer julle ouens klaar opgemaak het kan ons die jag begin.” Hy het deur die oop venster gedruk en uitgespring asof hy nie omgee of dit op die tweede vloer is nie. Sy lang swart jas het agter hom geflap en baie soos donker vlerke gelyk voor hy buite sig verdwyn. Terwyl Kane verdwyn, het Michael sy oë gerol vir sy vriend se dramatiese se uitgang en toe die venster gaan toemaak. Almal het gedink Kane het op die grond geland maar hy kon hom op die dak aanvoel. Die vergadering het eintlik beter afgeloop as wat Michael gedink het dit sou. Michael het gewonder of Kane al besef het wat hy gedoen het toe hy Kane se bloedsteen diep binne sy vlees gebêre het. Toe hy sy eie gewrig gebyt het en in Kane se wond sy bloed laat drup het, het hy dit gedoen vir twee baie goeie redes. Een was om die steekwond vinniger te help gesond word, maar die tweede rede was pure selfsugtigheid. Met sy bloed nou diep in Kane se aura, kan hy Kane se bewegings volg waar hy ook al gaan. Dit hom nog steeds vies gemaak dat Kane in die stad was vir ‘n hele ruk al sonder dat hy daarvan geweet het. Hy het nie na hom gesoek nie want hy het gedink Kane was dood. As hy Kane vroeër gevind het .... miskien kon hy hierdie gemors gekeer het voor dit buite Kane se beheer uitspiraal het. Maar noudat hy Kane sy bloed gegee het, sal dit ‘n baie goeie opspoor toestel wees. As Kane besluit om te hardloop ... sal hy nie ver kom nie. “Ek kan nie verstaan hoekom Kane so ‘n slegte houding het hieroor nie aangesien hy die een is wat die vampier ontploffing veroorsaak het om mee te begin,” het Nick gesê waar hy teen die deur leun. Hy het nie omgegee dat Michael in die groep is nie, maar om op Kane te reken was ‘n slegte idee. Die man lyk nie stabiel nie. “Jy’s net vies omdat Kane besluit het om nie die vyand te wees nie,” het Warren hom ingelig al was hy self nie te gelukkig met Kane nie. Maar hy gaan nie die feit opper dat Kane ook vir Quinn uitgelok het om vir Kat te ontvoer nie .... nie totdat hy ‘n beter idee het oor hoe verstandig die vampier regtig is nie. Michael het begin opkom vir Kane, maar daar was te veel tone waarop getrap kon word en oorgenoeg skuld oral. Hy weet Kane het nog iets weggesteek vir hom en hy wil dood van nuuskierigheid om uit te vind wat dit is voor dit sy vriend lewendig gaan opvreet. Hy wens Kane wil opskud en besef dat hy nie meer alleen is nie. Aan die ander kant het Michael geweet Kane het deur ‘n vreeslike ervaring gegaan wat hy nooit heeltemal sal verstaan nie. As hy dit in die gesig moet staar, is Michael nie so seker hy sal sy verstand so goed kan behou nie. Kane was verraai deur een van sy beste vriende en gevonnis tot ‘n ewige verbanning met geen hoop om te ontsnap nie. Sy oë het vernou en deur die venster gestaar met die besef dat dit die een vraag is wat hy vergeet het om te vra. Presies hoe het Kane homself bevry uit sy graf? ***** Kane het heen en weer gestap op Maan Dans se dak terwyl sy hande bal en ontspan langs sy sye. Hy kon nog die uitdrukking op Kriss se gesig sien toe hy hom deur die pakhuis gegooi het asof hy vuilgoed is. Hy kon nie die gevallene veg nie ... niemand kon opstaan teen hulle krag nie. Selfs al vra hulle Kriss om hulp as versterking, en Tabatha kom terug saam met hom, weet Kane Kriss het geen intensies om haar te deel nie. Dit gebeur nie sommer nie, maar Kane sou die bloedsteen wat in sy lyf begrawe is wed, dat die gevallene verlief was op Tabatha. As dit waar is sal Kane geen kans staan om enigsins naby aan sy sielmaat te kan kom nie. Hy het sy kans verspeel en dit maak seer soos die hel self. Selfs al het sy nie ‘n gevalde engel op haar skouer gehad nie, sou Tabatha nou niks met hom te doen wou hê nie. Wat die ander aan betref, hy het nie omgegee of die vervormers van hom hou of nie. Dit was nie ‘n populariteit kompetisie nie. “Miskien is dit beter as hulle nie van my hou nie,” het hy gefluister en oor die stad gestaar. Kane het sy kop ferm geknik en sy hande in sy sakke begrawe. Hy sal lank genoeg bly om die stad te red uit die vampier kloue wat hy onbedoeld geskep het. Maar sodra dit verby is, wil hy weer uitgaan op sy eie. Sodoende sal daar niemand wees wat genoeg omgee om hom te volg nie wanneer hy besluit om te waai. Die gedagte het hom op ‘n mespunt laat staan. ***** Trevor het in Envy se oprit in gedraai en die enjin afgesluit. Hy wou regtig graag met haar praat en sien hoe gaan dit met haar. Miskien het sy tyd gehad om te dink oor wat hy haar vertel het ... alles in ag genome was dit die waarheid. Met ‘n loer na die item op die passasiersitplek, het hy gegrinnik voor hy dit opgetel het. Hy het regtig sy tydjie met hierdie denim geniet nadat hy dit vroeër in die week by Chad “geleen” het, en nou het hy dit terug gebring. Dit was sy goeie daad vir die dag. Hopelik is niemand hel toe gestuur omdat hy of sy ‘n sin vir humor het nie. Toe hy die denim oopvou, het hy die modder en swart motor olie wat daaroor besmeer is gesien. Hy het innerlik gelag toe hy weer sy handewerk oor die krop sien. Trevor het ‘n spesiale uitsondering gemaak en vervorm na sy honde vorm en die krop heel gelukkig uitgeruk. Hanna, Mev. Tully se ou kat wat besluit het om by hom te kom bly, het nogal na die denim toe gestap en daaraan geruik voordag sy omgedraai het, haar stert in die lug gedruk het en die denim besproei het om van die honde reuk ontslae te raak. Trevor het nie gedink hy het al ooit so lekker in sy lewe gelag nie. “Perfek,” het hy gefluister. Hy het uit die kar geklim en op pad voordeur toe die jeans oor ‘n bos gegooi en amper weer gelag toe dit afgly en op ‘n groot miershoop land. Dit was te prysloos. Hy het die deurklokkie gelui, sy hande in sy sakke gedruk en gewag vir die deur om oop te gaan. Toe dit uiteindelik oopgaan, het Trevor ‘n gekastyde gesig op gesit. “Haai,” het hy stil gesê. Chad het gesug en teen die kosyn geleun, “Haai jouself, vreemdeling.” “Kyk, ek weet ek het drooggemaak en wou graag met Envy praat ... of ten minste probeer as jy belowe om daai skokker weg te hou van haar af,” het Trevor verduidelik met ‘n klein glimlaggie. “Ek sou, maar Envy is nie hier nie,” het Chad geantwoord terwyl hy homself regop druk tot sy volle hoogte. Jason het Trevor se naam in dieselfde sin as agtervolger genoem en hy het gehoop Jason was verkeerd. “Sy het besluit om tyd af te vat en is weg saam met Tabatha en Kriss. Ek is nie seker wanneer sy sal terug wees nie.” Trevor het diep ingeasem en geknik toe hy oplet Envy se reuk is nie vars in die huis nie. Ten minste jok Chad nie vir hom dat Envy nie tuis is nie. “Ek vra jou dan om inligting aan haar te gee.” “Soos wat?” het Chad by ernstig gevra. “Sy moet wegbly van Devon Santos af. Hy is slegte nuus en sal haar net seer maak,” het hy gesê en gehoop hy kry Chad weer aan sy kant deur op sy beskermsdrang te sinspeel. Chad het gefrons en sy arms oor sy kaal bors gevou. “Soort van soos jy?” Trevor se houding het geduik, “Haai, wat ek gedoen het was deel van my werk. Ek wou Envy nie seer maak met my lyn van werk nie. Dis hoekom ek haar nooit vertel het wat ek vir ‘n lewe doen nie.” Hy het weggekyk en sy hande dieper in sy sakke gedruk met die wete dat Chad nie ‘n idee het nie. Hy het gehoop soos die hel self dat Envy nie sy woorde aan haar aan Chad herhaal het nie. Burgerlikes het nie nodig om te weet van die goed wat stamp in die aand nie ... veral nie ‘n polisieman nie. “Ek het haar vertel die aand wat julle my in die klub gekry het dat ek ondergronds werk maar ek dink nie sy het my geglo nie,” het hy bygevoeg en Chad se reaksie dopgehou vir enige wenk dat hy meer weet as wat hy nodig het om te weet. Chad het gesug, “Kyk, ek weet jy hou van my suster maar sy het aanbeweeg. Ek dink jy moet dieselfde ding doen. Ek sê nie net so as ‘n mede-werker nie of selfs as ‘n vriend nie. Ek vertel jou as iemand wat al hierdeur is. Los haar uit en laat sy haar eie besluite neem. Ten spyte van jou beste intensies, dink ek sy gaan nou uit met Devon.” Trevor het sy oë na Chad se gesig gelig. “Wat?” het hy gevaarlik gevra. “Sy sien Devon so ver ek weet,” het Chad herhaal. Trevor het ‘n koue rilling teen sy ruggraat voel afbeweeg, omgedraai en weggeloop van die deur af sonder ‘n verdere woord. Chad het gefrons toe hy ‘n kat sien naby die voorste venster van Trevor se kar, wat vooroor leun teen die kontrole bord. Die ander man het vinnig in sy kar geklim, toere opgejaag en by die oprit uit gejaag. “Jason,” het Chad in die lug in gesê, “Jy beter nie reg wees oor hom wat dalk ‘n agtervolger is nie.” Chad het geweet Envy het die dorp verlaat saam met Devon om by Kriss en Tabatha aan te sluit tydens hul kort vakansie. Hy wou nie daardie nuus vir Trevor vertel nie want Envy het om tot geheimhouding gesweer. Dit het in elk geval nie saak gemaak nie want dit was nie enigsins Trevor se besigheid wat Envy nou maak nie. Chad het sy kop geskud en weer begin instap toe hy iets blou uit die hoek van sy oog gewaar. Sy uitdrukking was verlig toe hy sy denim op die grond sien lê en het dit gou gaan optel al het hy gegrom vir die miere wat daaroor loop. Sy geluk het verdwyn toe hy die skeure en gate sien en sy oë het komieklik gerek toe hy sien die krop is heeltemal uitgeruk. Chad het sy denim laat sak en in die straat af gegluur, “Brak, jou gat is gras.”

editor-pick
Dreame-Editor's pick

bc

The Billionaire's Nanny Substitute

read
2.1K
bc

I'm Divorcing with You, Mr Billionaire!

read
59.6K
bc

Bribing The Billionaire's Revenge

read
456.9K
bc

Jilted Ex-wife? Billionaire Heiress!

read
10.7K
bc

Emerald Isle MC: Books 1-6

read
6.9K
bc

Rejected Protector

read
74.4K
bc

Secret Wife, Real Billionaire

read
8.0K

Scan code to download app

download_iosApp Store
google icon
Google Play
Facebook