Steven het besef dat hy Jewel naby aan hom moet hou anders gaan sy weg sluip uit die kamer uit en dalk probeer weghardloop. Hy kan nie verstaan hoekom sy wil weghardloop van iemand af wat haar probeer help nie. Maar dan, met ‘n pa soos hare vertrou sy dalk niemand nie ... nie eens haarself nie. Hy was ook heimlik bly dat sy nie so ‘n maklik omgepraat word soos hy aanvanklik gevrees het nie. “Oukei,” het hy toegegee. “Maar bly binne my sig.” Jewel het geglimlag en was skielik opgewonde oor die klein bietjie vryheid wat sy gekry het sonder om te sluip of steel. “Ek belowe.” ***** Alicia het oor die parkeer area gehardloop by Maan Dans en was gelukkig toe sy sien daar is nog krag. Die reën het effens bedaar maar met die hoeveelheid weerlig wat hulle kry, dink sy die reën gaan weer val en

