Aan die einde van elke leeftyd het sy teruggekeer na hulle tuin met baie min herinnering om hom ‘n leidraad te gee van waar sy geleef het of waar sy gebore is. Haar siel het net elke paar duisend jaar herbore geraak en tussen in het haar siel altyd hulle tuin kom opsoek. Toe hy haar die eerste keer hier gevind het, was haar siel baie swak. Maar met elke lewe wat sy gegee is, het haar siel sterk geword en dit was nou amper so sterk soos syne. Hy kon haar soet lag hoor in die lug waar sy op die kombers langs die meer lê. Kersie blomme het die lug gevul en gelyk soos vlinder vlerke. Terwyl hy na haar toe geloop het, het die wind begin waai en hulle al twee laat vries. Haar lag het stil geword met ‘n sagte snak en hulle het albei die verte ingekyk en die rusverstoring gevoel. Sy het terugge

