Die seer realiteit

930 Words
Na daardie aand begin alles weer normaal raak en hulle raak weer soos die gelukkige paartjie wat hulle was,maar die vraag bly by haar spook kan sy van daardie aand vergeet asof niks gebeur het nie of is dit te moeilik.Sy probeer nie weer daaraan dink nie maar dit help nie veel nie want elke keer as sy hom sien kry sy die nare gedagtes terug van daardie aand en sy bly geskok oor die mes wat hy teen haar keel gedruk het en die manier wat hy haar gedreig het.Sy besluit toe om haarself besig te hou met ander dinge sodat sy dalk daardie aand finaal kan vergeet en sy hoop en bid dit werk vir haar.Dit was kort van duur want die een aand toe sy weer van die werk af kom kry sy hom in presies dieselfde posisie as laas en hierdie keer kekkel hy nog harder as laas en hy wieg nog meer.Sy skrik so groot dat sy wit in die gesig raak en sy kry niks uit om vir hom te sê nie sy sukkel om te praat of emosie te wys. Die keer staan hy op en trek sy hemp uit sodat sy mooi geboude maagspiere wys en sy aantreklike v-lyn en sy snak eers na haar asem en staar vir hom.Hy gee die hemp vir haar en sê:"jy moet my klere gaan was asseblief kan nie die reuk op die klere los nie."Sy vat die hemp versigtig en hou haar asem op want die reuk van bloed is te veel vir haar om te hanteer,sy gaan gooi die hemp in die was met baie waspoeier en hoop die reuk en vlekke van bloed kom uit sy hemp uit.Sy stap terug kamer toe en kyk hoe hy 'n ander hemp aan trek maar sy sê nie 'n woord nie,hy draai skielik om en vra of sy van dit hou wat sy sien as sy so staar.Hy begin weer glimlag en knip vir haar oog sy begin bloos en draai haar gesig weg,hy is vinnig by haar hy draai haar gesig terug en sê:"alles sal reg kom." Sy het vir 'n paar maande hom op die vloer gesien sit en wieg maar hy lag nie een keer nie of glimlag daardie groot eienaardige glimlag nie maar steeds vind sy bloed op sy klere maar nie so baie soos die eerste twee kere nie en sy vind dit vreemd.Sy besluit om hom te konfronteer oor die bloed en dan die moorde.Sy skep moed by mekaar en stap in die kamer in hy lê op die bed en glimlag toe sy in stap.Sy staan langs die bed en sê:"Gerhard wat gaan aan hoekom is daar steeds bloed op jou klere maar nie so baie soos die eerste twee kere nie?"Gerhard sit regop op die bed en glimlag vir haar en sê:"die antwoord is maklik die eerste twee kere het ek mense vermoor 'n man en 'n vrou die res van die kere vang en martel ek net die mense sodat hulle my storie kan versprei en meer mense bang maak vir my." Sy dink by haarself dit is aaklig en hoe kan sy betrokke wees met so siek man wat sulke dinge doen,waarvoor het ek myself in gelaat.Sy bly eers dood stil en staar vir hom met groot oë en verwerk alles wat nou net uit sy mond uit gekom het en dan slaan die vrees haar en sy is weer gevries.Sy druk al haar vrees terug en besef sy het hom kom sien met 'n doel sy moet net aan hou vrae vra sy moet net weet wat aan gaan en deur sy kop speel op die oomblik.Die adrenalien begin weer in skop en sy is gereed om antwoorde te kry vir al haar vrae!Sy laat waai en sê:"Gerhard toe ons ontmoet het was jy 'n ordentlike en gemanierde man en ek het vinnig op jou verlief geraak maar wat het nou met jou gebeur in die tyd wat ons saam bly dat jy 'n KOUDHARTIGE MOORDENAAR geword het?" Hy glimlag net vir haar en antwoord:"Ek weet wat ek geword het dink jy nie ek besef dit nie?"Hy gaan voort:"maar wat is die punt daarvan om ordentlik en gemanierd te wees as niemand jou so onthou nie hoe wreder 'n mens is in die lewe hoe meer word jy onthou hoe meer mense ken jou naam hoe meer mense jou vrees hoe beter is dit dat niemand jou sal vergeet nie,ek wil verewig onthou word en wie onthou iemand beter as mense wat MOORDENAARS vrees om 'n moordenaar te wees is my manier om mense bang te maak vir my om mense te kry om my te onthou,niemand sal my nou ooit vergeet nie want almal is bang vir my. "Ek wil eendag my naam in die koerante hê en oorals oor die nuus ek wil hê mense moet hulle deure sluit net oor hulle weet ek is naby,ek wil hê die mense moet na my kyk eendag en besef ek is een van hulle grootste vrese ,ek soek mense se vrees ek kort dit dis soos die suurstof wat my lewendig hou en dit gaan eendag verseker dat niemand my ooit sal vergeet nie,nie eers jy nie want jy is al klaar bang vir my en dit is presies wat ek wil hê dit is hoe dit hoort." "ALMAL SAL DIE NAAM GERHARD SMIT VEREWIG ONTHOU!"Die laaste woorde skree hy uit en ek staan bewegingloos my hele lyf is in skok wie is die man en is sekker ek wil saam met sy wrede plan gaan en net aanhou stil bly...
Free reading for new users
Scan code to download app
Facebookexpand_more
  • author-avatar
    Writer
  • chap_listContents
  • likeADD