Die vreemde man

932 Words
Christien bekyk die aantreklike man op en af, hy het brieë skouers, 'n mooi geboude gesig, die mees fantastiese blonde hare en blou oë wat 'n mens se hart sal laat smelt.Hy kyk vir haar wat na hom staar en sy begin bloos,hy steek sy hand uit en sê goeie naand ek is Gerhard Smit.Haar wange is nou al so rooi soos 'n tamatie maar sy groet terug en sê my naam is Christien en skud sy hand.Hy begin glimlag en sê vir haar dit is 'n vreeslike mooi naam en bied aan om vir haar 'n drankie te bestel.Sy sit eers woordloos en dink en hy lig sy wenkbrou om vir haar te wys hy wag vir haar antwoord,sy sê skielik dit sal baie vriendelik van jou wees baie dankie.Sy glimlag vir hom en hulle gesels die hele aand en hy bied ook aan om saam haar huis toe te stap. Hulle verruil nommers en gesels elke dag met mekaar wanneer hulle tyd kry na werk,hy kom kuier ook meer geleenthede by haar en hulle raak so stadig maar verseker smoorverlief op mekaar.Dit gaan so goed dat hulle besluit hulle wil meer wees as net vriende en hulle begin mekaar eksklusief sien.Na sowat 6 maande besluit die verliefde paartjie om saam met mekaar in te trek,sy pak al haar goed by haar huis en trek by hom in binne 'n week is alles in getrek by sy huis en die verliefde paartjie kan net gelukkig saam bly. Alles verloop goed en sy maak vir hom ontbyt elke oggend voor werk en hulle lê elke aand na werk en televisie kyk terwyl hulle mekaar vertel hoe hulle dag was.In die aande as hy by die huis kom tel hy haar op en dra haar rond in die huis terwyl sy giggel en as hy haar neer sit begin sy hom kielie.Dit gaan so aan vir 'n hele paar maande en die paartjie kon nie gelukkiger wees of lyk nie.Almal is bly vir Christien en haar nuwe liefde behalwe haar beste vriendin wat steeds nie kontak met haar gemaak het nie na die insident.Hulle maak beurte om kos te maak na werk en sy sê sy kos is die lekkerste maar sy weet nooit watse spiserye hy gebruik nie hy sê dit is 'n geheim. Een donker aand toe sy huis toe stap van die werk af hoor sy vreemde geluide en sy dink weer iemand agtervolg haar en sy begin huis toe hardloop uit vrees.Sy kom by die huis en gaan staan bewegingloos uit skok daar voor haar staan die deur wawyd oop.Sy begin al haar moet by mekaar skraap en besluit om te gaan kyk wat aan gaan,sy loop reg deur die huis tot agter by die agter erf maar sien niks nie en sy dink dit is vreemd.Sy stap terug in die huis in en besef sy het vergeet om in die kamer te kyk maar daar brand 'n lig in die kamer,die deur is so skrefie oop.Sy maak die deur versigtig oop en kon haar oë nie glo toe sy dit sien nie die prent voor haar skok haar tot in haar binnestes... Daar op die vloer voor haar sit die man waarvoor sy lief is in die hoek en kekkel terwyl hy voorentoe en agtertoe wieg.Sy skrik groot en kry nie 'n woord uit nie sy staar net vir hom en probeer uit maak wat aan gaan.Hy kekkel al hoe harder en sê:"ek weet jy staar vir my kan jou oë op my voel en jou asemhaling is diep en vlak is jy dalk bang of wat?"Sy kry haar stem reg om te antwoord maar dit kom eerder uit as 'n fluister:"my lief is jy nog reg want dit lyk nie so nie?"Hy draai om en sy hou haar mond vas want sy kan nie glo wat sy sien nie hy is vol bloed en hy het 'n eienaardige groot glimlag op sy gesig terwyl hy haar antwoord en sê:"ek kon nie beter wees nie."Sy snak na asem en probeer haar balans hou sodat sy nie flou val van skok nie hy hou net aan glimlag vir haar en die glimlag word net al hoe brieër soos sy vir hom staar. Ek het iemand vermoor en dit was die beste ding wat ek nog ooit gedoen het,dit was die lekkerste ding waaraan ek ooit kon dink het nie gedink ek gaan dit so baie geniet nie maar ek het.Sy tree so paar tree weg van hom af en staar vir hom met 'n emosielose gesigsuitdrukking sy is nie sekker wat om te dink nie en sy staan gevries 'n ent van hom af.Die skok verlaat haar liggaam vir 'n oomblik en adrenalien begin inskop sy begin hardloop,hy is vinnig op sy voete en vang haar net voor die deur.Hy druk 'n mes teen haar keel en sê:"jy is REGTIG nie so dom om weg te hardloop nie jy weet ek sal jou ALTYD vind en dan is jy dalk volgende!" Gee nog een tree en ek sny jou keel af niemand sal eers weet nie,sy begin snik en 'n traan loop oor haar wang maar sy knik haar kop om te wys sy verstaan.Hy is vinnig voor haar en hy bêre die mes en vee die traan af.Hy lyk bekommerd en sê:"moenie huil nie pragtig alles sal reg uitwerk as jy net nie weg hardloop nie of iets sê nie."Christien twyfel maar gaan tog steeds in sy arms in vir 'n drukkie sal sy regtig alles 'n geheim kan hou en sal alles regtig uitwerk sy by hom bly en net stil bly.....
Free reading for new users
Scan code to download app
Facebookexpand_more
  • author-avatar
    Writer
  • chap_listContents
  • likeADD