Hoofstuk 7-1

2337 Words

Hoofstuk 7 Skadu dwaal al vroegoggend in die stad se strate rond en onthou laas toe sy hier was. Toe sy om haar kyk na die mense wat verbystap, merk sy op dat die aantal siele die lewendes oortref. Hulle kom voor asof hulle leef, werk toe gaan, denkbeeldige fietse trap en selfs op busse ry. Deth sou dit geniet om hulle almal te versamel as hy hier by haar was. Haar oë vernou ook vir die groot aantal demone wat rondloop. Die meeste van die demone wat sy oor haar jare van diensbaarheid aan Deth ontmoet het, het soos normale mense gelyk en dis nie nou anders nie. Wat hulle weggee, is die feit dat sy die kwaadwillige energieë rondom hulle kan voel. ’n Gedagte kom by haar op en sy stop voor ’n onderklerewinkel om te wag. Sy rol haar oë na die winkelpop agter die glas in haar skrale uitrustin

Free reading for new users
Scan code to download app
Facebookexpand_more
  • author-avatar
    Writer
  • chap_listContents
  • likeADD