“Gister?” Michael sluk die naarheid wat dreig. Hy haat dit om te herleef en het nog nie so sleg gevoel sedert Damon hom laas vermoor het nie. "Hoe laat is dit?" “Amper dagbreek. Kom ons gaan kyk of dit ‘n bloedsteen is wat hy in jou gesteek het.” Kane klop hom op die skouer en sis toe Michael vir hom grom uit sy plek waar hy nog op die vloer lê. “Jammer.” “Ja reg,” kreun Michael. “Ek het jou ten minste genees toe ek dit gedoen het … in plaas daarvan om jou dood te maak.” "Jy het 'n punt," grynslag Kane en gaan sit langs hom op die vloer. Dis duidelik dat Michael vir ten minste nog 'n paar minute nie sal kan beweeg nie. “So waaroor was Pappa so vies dat hy jou nek gebreek het?” vra hy. "Ek het nooit gesien wie 'n houvas op my gehad het nie," onthou Michael vaagweg hoe hy teen sy aanvall

