Hoofstuk 6 Alicia sidder toe die koel water oor haar kop en skouers stort. Sy draai die warm water heeltemal oop ... dis nie asof 'n koue stort regtig genoeg is om haar te help nie. Sy knip haar oë en voel asof sy iets gemis het. Eerlikwaar, sy onthou nie eers hoe sy in die stort gekom het nie. Sy gryp na die halssnoer, tevrede dat dit nog daar is en deursoek dan haar geheue. O ja … sy onthou nou. Sy het uiteindelik die waarheid vertel. Sy het alles erken en dit het goed gevoel. Hulle was nie kwaad nie ... alles was 'n misverstand ... en sy kan bly. Sy sit haar handpalms en voorkop teen die koue teëlmuur terwyl sy onthou wat met Nick gebeur het ... arme ou. Dis nie sy skuld nie. As sy maar net iemand gehad het om mee te praat wat weet wat om te doen. Alicia se oë het verhelder en sy kli

