Hoofstuk 16 "Is jy seker jy wil nie vir my 'n bottel van daai sproei gee nie?" vra Jade toe hulle by die polisie se parkeerterrein intrek. "Wat, en dit vir jou makliker maak om weg te sluip en jouself dood te kry?" vra Titus met die sarkasme wat sy die laaste ruk op hom gebruik het. “Dankie, maar nee dankie.” Hy parkeer die Hummer en skakel die voertuig af. Jade het dit nie so bedoel nie, maar as hy so wil wees, dan sal sy saamspeel. “Goed, as al die mans begin toustaan … moenie my kwalik neem nie. Buitendien, ek was nog altyd ’n sucker vir ’n man in uniform,” jok sy. Sy skrik toe die bestuurkant se deur toeklap en Titus skielik voor haar staan en haar keer om uit die Hummer te klim. Sy baklei nie teen hom toe hy uitreik, haar heupe met sy groot hande inpalm en haar uit die voertuig li

