Hoofstuk 08 Mev. Tully het in Trevor se oprit ingedraai en die enjin afgesluit. Sy het na haar pasiënt gekyk en geweet hy sal nie op sy eie sy woonstel bereik nie. Sy het uit haar motor geklim en omgestap, die deur oopgemaak en sy veiligheids gordel los geknip. Trevor het geglimlag. “Ek is nie so erg beseer nie,” het hy gesê. “Ek kan self.” Mev. Tully het hom ‘n kyk gegee wat net ‘n ma sal kan gee. “Ek is jou dokter en jy gaan nou my bevele gehoorsaam. Dit is om my toe te laat om jou in jou huis in te help.” Trevor het gesug en het daarna gesnak toe hy sy bene uit die motor lig. “Ja, juffrou.” Hy het een been uitgekry en het die motordeur gebruik om hom te help staan. “Ek voel asof ek deur ‘n stoomroller omgery is.” “Dis amper dieselfde soos om te veel vampiere te veg,” het Mev. Tully

