Kat het die alarm skerm oopgemaak en haar geboorte datum getik op die sleutelbord sodat sy haarself kon inlaat. Sy het al die ligte aangesit en die blinders oopgetrek soos sy deur die elegante huis loop sodat die hitte haar lam emosies kon aanwakker. Die plek was soos Fort Knox wanneer die alarm aangeskakel is en dit het beteken sy kon soveel privaatheid hê soos wat sy wil. Warren het aangedring daarop om elke jaar die alarm sisteem op te gradeer en daarvoor was sy dankbaar. Kat het nie die bekende kar in die straat sien verbyry nie want sy was besig om een van die blinders in die sitkamer af te trek. Quinn het gefrons toe hy sien het reguit na haar ouma se huis toe gegaan. Ouma Kathryn het dit vir haar nagelaat in haar testament sodat Kat en haar maat eendag daarin kan leef. Vroeërjar

