Elke familie alfa kon hulle outoriteit beoefen om konfrontasies te voorkom, maar tussen twee alfas uit verskillende families het dit geen betekenis nie. Met ander woorde, Warren kon Quinn nie aansê om terug te staan nie maar hy kan Micah enigiets beveel en die poema sou die jaguar alfa moes gehoorsaam. Dieselfde geld vir enige weer-kreatuur. Daar was geen limiete nie. “Ek haat jou,” het Kat klappertand uitgeroep. “Ek wens jy wil dood neerval.” “Leuenaar,” het Quinn gesê. “Jy haat my nie.” “Jy kan hel toe gaan as ek jou nie haat nie!” het Kat kwaai gesê. “Jy hardloop nog heeltyd in my skadu vandat jy en Warren vrede gemaak het en jy behandel my asof ek jou ‘n klein dogtertjie is wat jou beskerming nodig het. Ek het absoluut niks nodig van jou af nie. Ek het tien jaar sonder jou oorleef e

