Hoofstuk 10 Kat het gehoor die deur op die boonste vloer gaan toe en het vinnig vir Quinn ‘n groot beker koffie geskink en van die krui daarin gesprinkel. Sy het probeer om die smaak en reuk weg te steek deur van die neutmuskaat verromer by te voeg waarvoor Quinn altyd lief was. Sy het die beker op die toonbank oorkant haar neergesit en het stil gaan sit en teug aan haar eie koffie terwyl sy luister hoe hy nader beweeg. ‘As hy enigsins swaarder was sou hy dwarsdeur die vloer getrap het tot in die kelder,’ het Kat gedink en gegrinnik toe sy dit voor geestesoog sien gebeur. Die kombuis deur het oopgegaan en Quinn het die kombuis binne getree. Vir een of ander rede het Kat half verwag om trompette te hoor en ‘n gloeiende kroon om hom te sien skyn soos iets uit ‘n smerige superheld fliek of

