Quinn se rammelende lag het die kamer gevul en hy het haar maklik in sy arms opgetel. “As dit is wat my Kieter Kat wil hê, dan is dit wat sy sal kry.” Kat het haar begrawe in sy greep terwyl hy met haar badkamer toe stap. Nou was die vraag of hulle hul eerste stort saam gaan neem of gaan hulle dit uitrek met ‘n borrel bad affêre. O, die besluite waarmee hulle opgesaal is. ***** Nick het sy kop geskud terwyl hy na die oggendkoerant kyk. Hy het begin om die hooftrekke elke dag te lees vandat die moorde begin het maar vandag se voorblad artikel het hom twee maal laat lees. Een van die rykste, mees gesogste alleenlopers in die stad, Anthony Valachi, word nou van die mark afgehaal en die foto van die bruid het Nick se wenkbroue laat lig. Dit was dieselfde meisie wat hy gister hier by die kl

