Hoofstuk 11 Quinn het oorkant Kat by die kombuis tafel weer ‘n beker koffie gedrink, minus Ouma Kathryn se waarheidserum. Alles was stil behalwe die klank van die radio wat sagte agtergrond musiek speel. Die nuus het net begin wat Quinn laat weet het dat die net na sewe in die aand is. “So, wat doen ons nou?” het Kat gevra met ‘n gekantelde kop. Quinn het sy beker neer gesit en sy arms op die tafel gevou. “Ek sê trek eers by my in en dan hanteer ons alles soos dit kom daarna.” Kat het gefrons, “Ek hoop nie jy gaan probeer om my te keer om by Maan Dans te werk nie.” Quinn het sy oë geknip, “Eintlik het nie eers daaraan gedink om dit van jou te vra nie. Ek het meer in die rigting van wanneer ons kan wegkom gedink. Met die moorde en die vampier dreigement wat oor ons hang ... kan dit ‘n

