Sy was Ellende genoem toe sy in die wêreld daar bo rondgeswerf het. Sy het baie van haar naam gehou en het geweet wat sy kon vermag. Sy was nie ‘n lae klein demoontjie nie, maar wel een wat amper so kragtig was soos die gevallene. Sy het baie vorms aangeneem, van eenvoudig en vaal tot pragtig en flambojant. Voordat sy hier vasgekluister is, was sy verantwoordelik vir die dood van baie mense en weer-kreature. Haar laaste vorm was die van ‘n onskuldige wat die swak-hartige gekke onwillig was om te vernietig as gevolg van haar voorkoms. Maar die een wat haar vasgekluister het, het deur haar vermomming gesien en haar hier vasgekluister. Dean het na die mure gestaar en gesien hulle was vol menslike lyke wat gelyk het asof hulle gemartel is voor hulle hul laaste asems uitgeblaas het. Een slago

