bc

Soen offer vir Elzet

book_age0+
2
FOLLOW
1K
READ
adventure
murder
like
intro-logo
Blurb

Author : Antjie Louw

Afrikaanse storie opsomming: Die storie het romanse, speurwerk, vlugtend belwenis. Iets om jou op jou tone te hou te laat ontspan en verlore te raak in romanse.

Gedeelte uit Hoofstuk 1:

 Dit is amper kwart voor 10 Donderdag aand en half weg gesteek in n donker steggie, staan n eensame figuur. Elzet hou die gebou oorkant die straat fyn dop. Op die tweede vloer van die dubbelverdieping, brand n enkele lig. Sy slaan haar kraag van haar jas op...die koue knuip aan haar ledemate. Sy maak haar serp los om haar nek en vou dit oor haar kop. Sjoe!... dit is regtig koud vanaand sê sy, vir niemand in die besonders nie, terwyl sy warm lug in haar koue hande blaas.

Sy gee nog een kykie op na die straat en venster waar die lig brand, toe weer in die straat af net om dubbel seker te maak niemand het haar agtervolg en wag haar wel in nie.

chap-preview
Free preview
SOEN OFFER VIR ELZET - Author Antjie Louw
HOOFSTUK 1 Dit is amper kwart voor 10 Donderdag aand en half weg gesteek in n donker steggie, staan n eesame figuur. Elzet hou die gebou oorkant die straat fyn dop. Op die tweede vloer van die dubbelverdieping, brand n enkele lig. Sy slaan haar kraag van haar jas op...die koue knuip aan haar ledemate. Sy maak haar serp los om haar nek en vou dit oor haar kop. Sjoe!... dit is regtig koud vanaand sê sy, vir niemand in die besonders nie terwyl sy warm lug in haar koue hande blaas. Sy gee nog een kykie op na die straat en venster waar die lig brand, toe weer in die straat af. Net om seker te maak niemand het haar agtervolg en wag haar wel in nie. Alles lyk skoon en met haar hande diep in haar jas se sakke gedruk, drag stap sy die straat oor na die gebou wst sy so dop gehou het. Armand Naudé ń Suid Afrikaanse burger wat hom hier in Los Angeles kom vestig het, se kantoor is op die tweede vloer. Op sy ssy kantoor deur staan geskryf..."Armand Naudè Privaat Speuder", en dit is na die kantoor waar Elzet oppad is. Armand, sit agter sy groot lessenaar. Hy voel regtig moeg vanaand en vryf met sy hand oor sy altyd netjiese hare wat vanaand deurmekaar is. Hy gee n lang gaap, en kyk na die muurhorlosie...kwart voor 10 lees hy. Dit was n lang vlug van Bong Kok af. Hy strek hom uit en trek die lessenaar boonste laai oop, haal sy 3.8 kaliber pistool uit die laai. Hy laat val die veilligheids knip van die pistool om hom veillig te maak en druk hom agter in sy broek. Hy druk die laai toe en sluit dit. Hy roep na Ringo wat rustig op die bank voor die warm kaggel vuur le en slaap. Kom...sê hy, ons sal ook moet aanstaltes maak om huis waarts te keer oubaas se honne. Hy haal sy baadjie van die kapstok en trek dit aan. Armand sien dat Ringo sy kop lig en hom dophou. Daar is skielik n baie sagte klop aan Armand se kantoor deur. Nou wie sal die tyd van die nag na my kantoor kom...dink Armand. Ringo se kop ruk op en hy sit regop. Sy een oor is gespits en hy gee n ligte grom. Hy ken al die waarskuwings teken van sy getroue vriend. Hy wys vir Ringo om te wag en hy beweeg ligvoets na die deur met sy een hand klaar op sy pistool. Nou is Ringo langs hom en gee n sagte tjank geluid, wat Armand dadelik gerus stel. Hy druk die pistool terug in sy broek agter sy rug, na hy dit weer veillig gemaak het en laat val sy baadjie daaroor. Weer kom die kloppie, maar die keer n bietjie harder. Armand maak sy kantoor deur oop en in die lig van die donker gang staan n skraal vrou met n serp om haar kop gevou. Armand Naurdé? ...vra sy in n half inseker stem. Hy gee haar een van sy mooiste glimlagte. Die enigste toe ek nog laaste in my ID dokument gekyk het, antwoord hy. Kom asseblief binne, nooi hy en staan terug sodat sy kan binne kom. Hy maak die deur agter haar toe en Ringo spring weer op die rusbank. Elzet staan naby die lessenaar besig om die serp van haar kp af te haal, tereyl haar oë oor alles in Armand se kantoor gly. Dit is so warm en gesellig hier binne, dink sy. Mens voel sommer veillig. Armand het haar dtil gestaan en dophou. Skraal vrou, donker skouerlengte hare, groot bokkie bruin oë, as mens dit so kan beskryf, omring met dugte lang donker wimperd. Mooi mond, sy is nie ń beeldskone vrou nie, maar daar is iets weerloos omtrent haar. Elzet het uit die hoek van haar oog gesien hy hou haar dop. Sy draai na hom en Armand trek sy asem hoorbaar in...sulke mooi bruin oë, dit is soos donker poele het hy nog nooit gesien nie. Het jy my nou klaar deur gekyk?.. vra sy. ń Sagte glimlag speel om haar mondhoeke. Armand kan voel hoe hy verkleur, idoot...dink hy by homself. Om die vrou so openlik te staan en aangaap, soos ń verliefde graad 8 skoolseun. Ruk jou reg man, jy is profesioneel op jou gebied, nie leek nie. Hy kug en antwoord haar vraag in ń baie netralestemtoon, Mevrou neem ek aan en wys na haar ringvinger. Sy kyk na haar hand en knik..was, is nou n weduwee sê sy. Ek sien, sê hy. Kom sit en wys na die stoel voor sy lessenaar terwyl hy agter sy lessenaar gaan sit. Elzet bednak hom en gaan sit. My naam is Elzet, jy kan maar Elzet noem,sê sy. Goed dan,sê my Elzet waarmee kan ek die tyd van die aand help? Hy stoot sy stoel agteruit, staan op en tap die ketel vol water tereyl hy oor sy skouer vra.. wat sy sal drink. Hy sit twee bekers reg. Net ń glas water vir my asseblief, kom dit amper hoorbaar van haar. Hy haal ń glas uit die kas, tap water en gee dit vir haar. Toe sy met ń dankie die water neem, merk hy dat haar hande effens bewe. Hy maak vir hom koffie en gaan weer agter sy lessenaar sit. Hy bat eers n teug van sy koffie, toe sê hy... Nou goed, Elzet wat kan ek vir jou doen? Mnr Naudé..begin sy weer, maar hy hou sy hand om hoog, Armand asseblief val hy haar in die rede. Ek is nie een vir formaliteit nie. Armand... begin sy van voor af, ek het jou hulp dringend nodig. Daar is iets wat jy vir my moet uitvind, maar jy moet my belowe dat niemand sal uitvind dat ek jou om hulp genader het nie. Niemand mag weet jy help my nie asseblief, smeek sy. Die smeeking in haar stem is duidelik hoorbaar, dat dit Armand skoon van struik bring. Sien Armand..gaan sy voort, ek het ń vermoede dat ek en my drie kinders in lewensgevaar verkeer. Hoe so?..vra hy terwyl hy hom gemaklik in sy stoel maak. Dit gaan ń lang nag wees, dink hy by homself terwyl hy wag dat sy verder moet praat. Waar sal ek begin? , vra sy. Ek stel voor begin by die begin en vertel my asseblief alles, laat niks uit nie. Al voel jy dit is nie belangrik nie, sê Armand. Hy sluit die middellaai oop va sy lessenaar en bring ń sakboek te voorskyn, waarin hy aantekeninge wil maak. Toe haal hy ń klein bandopnemer uit, en sit dit op die lessenaar voor hom neer. Sal jy omgee as ek ń opname maak van wat hier gesê word, vra hy en kyk haar dierek aan. Haar oë vlieg op na hom en Armand kan die vrees daarin sien. Kyk, sê hy..as ek sou besluit om na afloop van die gesprek jou te help, moet ek die hele gesprek op band hê. Daarop werk ek sou daar iets wees, wat ek moet opvolg. Goed knik sy en haal diep asem, tel die glas op en neem twee teugies van die water, sit die glas op die tafel langs haar neer. Sy lek oor haar lippe, toe begin sy haar hele verhaal aan Armand vertel. Soos haar storie ontvou, maak hy aantekeninge en neem hy alkes op band. Nie eenkeer onderbreek hy haar nie. Toe Elzet klaar gepraat het, sak sy moeg en uitgeput terug in die stoel. Sy lyk ieweskielik vir Armand baie broos, n diepe gevoel van beskerming oorval hom. Iets omtrent die vrou gruip hom aan, dwing hom om haar en haar kinders te wil beskerm. Hy sien dat sy met haar oë toe lê. Elzet?..roep hy. Sy maak haar oë traag oop. Eksuus, vra sy onverskoning. Ek besef nou eerd hoe moeg ek werklik is. Als reg, antwoord hy. Sy staan op en stap na die venster, maak dit wyd oop.Sy staar na buite , die koue lig trek die warm kantoor binne. Elzet voel dit skaars, haar gedagtes is op dwaal.Die straat is nou leeg, almal slaap al teen die tyd. Die eerste sneeu vlokkies begin liggies val.

editor-pick
Dreame-Editor's pick

bc

His Unavailable Wife: Sir, You've Lost Me

read
10.1K
bc

Secretly Rejected My Alpha Mate

read
35.3K
bc

The Luna He Rejected (Extended version)

read
610.6K
bc

Desired By The Hockey Captain Alpha

read
5.6K
bc

Alpha's Instant Connection

read
650.5K
bc

Claimed by my Brother’s Best Friends

read
815.4K
bc

The Phoenix Knights MC: Strength of Love

read
9.7K

Scan code to download app

download_iosApp Store
google icon
Google Play
Facebook