Ek’s nie sterk nie. Ek’s ’n storm wat niemand kan hoor nie. ’n stilte wat sagter klink as my eie trane. Daar’s ’n leegte in my wat huil, maar ek praat nie daarvan nie. Ek dra ’n stilte wat soos ’n yskoue hand om my keel lê. Mense sien net die ink, die krake op my vel, maar nie die breuke binne in nie. Hy vra: “Wat moet jy laat gaan?” Ek wil sê – die nagte wat ek alleen was, verlate in my eie kop. Hoe ek moes vasbyt terwyl alles in my wou breek. Ek wil sê – oor die kere wat ek moes liefhê al was dit net vir ’n spieëlbeeld. Oor die seer wat ek versmoor het, sodat ander nie hoef te weet nie. Of Omdat ander my verlaat het. En Die dood mense kom haal het. Ek wil sê – hoe ek my eie stem verloor het, in ’n wêreld wat net wil hê ek moet glimlag. Hoe ek moes swyg wa

